LAAT
JOU MUSIEK
GEHOOR WORD.

HOEKOM DIE LIEDJIEBANK?


1- Om alle komponiste/liedjieskrywers aan te moedig om musiek te skep wat finansiele beloning teweeg sal bring.
2- Die musiekbedryf het ’n platform nodig waar opkomende skrywers geпdentifiseer kan word.
3- Om volhoubaarheid in die Afrikaanse musiekbedryf te voorsien.
4- Om uiteindelik ’n bedryf te stimuleer wat positiewe groei tot gevolg sal hê.

-HOE WERK DIT-

Enige liedjieskrywers, hetsy professioneel of amateur, word genooi om nuwe liedjies in demo- formaat met lirieke, op ons webwerf se Liedjiebank-databasis in te dien. Hierdie liedjies sal aan al ons kunstenaars en sub-platemaatskappye vir oorweging voorgelê word. As ’n liedjie aanvaar word, sal die skrywer(s) ’n plasingsfooi van R5000 ontvang en die liedjie word outomaties ingeskryf vir ’n kans om R100,000 te wen as mees suksesvolle liedjie van die seisoen

-DIE PRYSE-

1- Die skrywer van die mees suksesvolle liedjie sal ’n prys ter waarde van R100,000 (een honderd duisend rand) ontvang.
2- Die skrywer van die tweede mees suksesvolle liedjie sal ’n prys ter waarde van R50,000 (vyftig duisend rand) ontvang.
3- Die skrywer van die derde mees suksesvolle liedjie sal ’n prys ter waarde van R25,000 (vyf en twintig duisend rand) ontvang.
4- ’n R5,000 (vyf duisend rand) plasingsfooi sal uitbetaal word aan enigeen wie se liedjie geplaas word.

-DIEN IN-

   Deur jou liedjie in te dien stem jy in tot die bepalings en voorwaardes.

-MAAK KONTAK MET ONS-

info@liedjiebank.co.za
+(27) 12 740 3000